Hierdie is die eerste onderhoud in ʼn reeks wat Marlies Taljard met Afrikaanse digters beplan. Ons wil graag elke week of elke twee weke vir die volgende paar maande so ʼn onderhoud op Versindaba plaas. Sien ook die aankondiging by hierdie skakel: https://versindaba.co.za/2024/03/25/nuwe-projek-onderhoude-met-digters/ Marlies Taljard (MT) Pirow Bekker, baie dankie dat jy…
Category: Onderhoude
Gereelde onderhoude word gevoer met digters wat ‘n nuwe bundel gepubliseer het. Daar is ook soms onderhoude met buitelandse digters of letterkundiges. Kyk na Indekse indien jy die volledige lys wil sien van onderhoude wat geplaas is.
Nuwe projek: Onderhoude met digters
Vanaf Woensdag 27 Maart 2024 plaas ons, hopelik vir die volgende jaar, weekliks of tweeweekliks ‘n onderhoud met ‘n Afrikaanse digter. Ons stuur aan elke digter dieselfde vrae. Dit is meestal algemene vrae wat nie oor ‘n spesifieke werk van die digter handel nie (sulke onderhoude sal steeds op Versindaba verskyn). Daardeur hoop ons om digters…
Gesprekke met Yves T’Sjoen (2)
Onderhoud in drie dele met Yves T’Sjoen oor sy boek in voorbereiding Twee overzijden Marlies Taljard: Yves, baie welkom weer eens op Versindaba en dankie dat jy tyd maak om oor jou nuwe publikasie en jou navorsing te gesels. Vertel asseblief meer van dié groot projek waaraan jy en kollegas tans werk….
Onderhoud: Johan Coetzee (“Naledi”)
Mellet Moll en Nini Bennett gesels met Johan Coetzee van Naledi Die Afrikaanse poësiegemeenskap het die afgelope klompie jare toenemend van Naledi kennis geneem. Die opwaartse kurwe wat hierdie onafhanklike uitgewery toon, val op. Ook die moeite wat gedoen word met omslae en drukkwaliteit. Hierdie tendens het veral ná die pandemie…
Onderhoud met Johann Lodewyk Marais oor “Sirkelgang”
Marlies Taljard gesels met Johann Lodewyk Marais oor sy nuutste digbundel, Sirkelgang (Naledi, 2023) Marlies Taljard (MT) Johann, baie dankie dat jy bereid is om met my oor jou nuutste digbundel te gesels. Sirkelgang is nie die eerste boek wat die afgelope twee, drie jaar uit jou pen verskyn het nie. Vertel so…
Onderhoud met Marlise Joubert oor “laatnageilande”
Pas na die verskyning van Marlise Joubert se nuutste bundel, laatnageilande, by Naledi, gesels sy met Marlies Taljard oor dié bundel. Marlies Taljard (MT) Marlise, baie geluk met jou elfde digbundel, laatnageilande. So lank ek jou ken, sê jy na elke digbundel dis nou die laaste een. Soos ook hierdie keer….
Onderhoud met Heilna du Plooy oor “Getye van Tyd”
Heilna du Plooy se vierde digbundel, Getye van Tyd, het onlangs by Imprimatur verskyn. Carina Stander het haar gepols oor dié bundel. Carina Stander (CS) Heilna, geluk met jou pragtige vierde digbundel! Soos met jou vorige bundels sypel jou liefde vir landskappe en skilderkuns weer deur, maar met ’n fokusverskuiwing, soos die…
Joan Hambidge gesels met Jerzy Koch
Onderhoud met Jerzy Koch oor sy bundel “Polkadraai” Joan Hambidge (JH) Hartlik geluk met jou skitterende bundel. Dit is slim en aangrypend. Jerzy Koch (JK) Baie dankie, ek waardeer dit. Ook omdat almal weet jy is ʼn kritikus met ‘n skerp oog. JH Jy het sopas jou tweede bundel gepubliseer Polkadraai waarin jy…
