MONT VENTOUX BAIKU’S (2) Die digter Petrarca was ‘n voorloper – sou ek ‘n nafietsryer wees … Kyk daar – daardie ou man sit net so krom op sy renfiets soos ek … My droewig lot – stadiger as stadig die heuwels op … ’n Pynlike vers – hy was hardlopend vinniger bo…
Stephan du Toit. kind
kind hy kon vertel het van die verborgenheid wat in legio vertakkings móés ontplof by die geboorte van tyd van skoonheid deur geen mens aanskou ons edelste kuns maar ‘n proef van rooi geel en blou van ‘n lig wat ons hoogste rede doof met ‘n grafie in die vlak sand…
Bester Meyer. Spoorloos
Spoorloos Hy het brood gaan koop nooit weer teruggekom nie: beloftes maak skuld, sê hulle. Hy het brood gaan koop met ʼn gedig in sy hart: lankal vir haar geskryf – gebottel – met ʼn sonsondergang uit die ooste. Die sterre was vuurvliegies planete wat die ritme aanwys en langsaam het…
“Turksvy”-digters by KKNK
Hiermee die skakel na ‘n Netwerk24-artikel oor Turksvy-digters wat by die KKNK opgetree het – vir diegene wat ingeteken is op Netwerk24. https://www.netwerk24.com/kunste/feeste/kknk/kknk-gedigte-is-ook-stories-20260403-0596
Verskyn binnekort: “Postumiteiten voor Breyten. Door het oog van dichters en vorsers” (red. Y. T’Sjoen)
Vijftig vir Breyten Postumiteiten voor Breyten. Door het oog van dichters en vorsers (red. Y. T’Sjoen) presenteert gesprekken met veertig dichters over de literaire nalatenschap van Breyten Breytenbach (1939-2024) en de impact op het schrijverschap. Naast het kruim van de Afrikaanse dichtkunst getuigen enkele Nederlandstalige dichters. De schrijvers ontvingen vijf vragen waarop zeer uiteenlopend,…
Joan Hambidge. Noodluik
Noodluik Vir Ruan Fourie In ‘n helder droom verskyn Liesbet Eybers aan my woordeloos vertroostend. Met wakkerword ‘n spinnekop agterstevoorom teen my wit kamermuur. Sý het die weefwerk van dié gesant ten voete geken en beskryf. Aucamp in Allersiele bedank onse digter van die Stadionkade vir háár Verbruikersverse én ironie. Vir hom…
Hennie Nortjé. Artemis 2
Artemis 2 NASA was tog te verbaas, want daar aan die donkerkant van die maan, hoor hulle nou dekades later, hoe eggo nog steeds deur die verlate kraters so ontstellend mooi, die psigedeliese klanke, die profetiese lirieke van Pink Floyd: “The lunatic is in the hall The lunatics are in my hall….
RIV Ruan Fourie (1994 – 2026)
Die digter Ruan Fourie is Vrydag 3 April 2026 oorlede. Ruan Fourie is in 1994 in Bloemfontein gebore. Hy onderneem in 2017 ’n honneursgraad in Afrikaanse Skryfkuns aan die Noordwes-Universiteit. Sy eerste gedig is in Taalgenoot en Jip gepubliseer (2012) en sedertdien het van sy gedigte op Versindaba, Storiewerf en Litnet se webruimtes verskyn. In 2016 wen…
