Pochade Die soektog na Wallace Stevens se blou versamelboek neem my terug na daardie winter in Conn., New Haven Tóé bewimpel deur dekonstruksie se tekstuele truuks, ‘n Yale studiereis onderneem tot by die hermeneutiese mafia. Waar skuil hierdie blou boek nou? Daardie uitwaartse reis glip nou binnetoe: ‘n migrasie stil soos…
Meyer van Rensburg. Sand skiagram
Sand-skiagram jy het jou lyfafdruk vir my in sagte sand agter laat bly waar jy sjarmant op jou sarong bruinbrand lê in son en wind soos in die song tanned and young and lovely soos ’n kind wat met sy vinger dot-tot-dotjie bly verbind trek ek nou jou sand-silhoeët se buitelyne steeds markant in…
Johann Lodewyk Marais. Gewone duiker
Gewone duiker Sylvicapra grimmia In die vroeë ure verskyn die duiker met skerp horings en streep voor die kop. Hy laat ’n vars spoor deur die onderbos oor blare, sand en die droë grasveld. Hy kom stadig aan na die mieliegruis, vreet vinnig, kyk op toe ek nader kom. Hy ruk sy kop,…
Johann Lodewyk Marais. Natuur, omgewing en klimaat
I My betrokkenheid by drie versamelbundels wat die omgewing as sentrale tema ondersoek, vra om ’n breër agtergrond en perspektief. Twee van hierdie bundels bring boonop Nederlandstalige digters uit die Lae Lande in gesprek met Afrikaanse stemme, wat die dialoog oor landskap en ekologie in die twee verwante tale verdiep (Marais en Zuiderent, 1997,…
Paul Kloppers. let me drown (‘n klikklare kopsterf)
let me drown (‘n klikklare kopsterf) (na Soundgarden) En ek staan op, wakkerslapend, in ‘n tydsgees wat aanvoelbaar vlak asem haal. hier waar die grassnyers nog net-net uit garagekatedrale gestoot word om hommelend die grasperkzen te boetseer waar ons oor buurmure dalk nog sou brul gn gd n mt j?…
Jeanne Henning Els. grootwordhuis
grootwordhuis die paisley muurpapier verpoeierd blou die mik in die lukwart versleet gedroom die foefieslaaid by die jakaranda wiegend in sy naswaai jy klik jou slot by die agterdeur en verlaat die onskuld van kind te gewees het © Jeanne Henning Els, 2026
Digtersprofiel: Juanita Louw
Juanita Louw het grootgeword in die Vrystaat. Sy werk vir geruime tyd in ’n hospitaal in Londen se Ooseinde. Deur die jare werk sy ook met antieke juweliersware en gee Engelsklasse aan buitelanders. Sy is tans praktykbestuurder vir ’n sielkundige in Kaapstad. In 2014 voltooi sy ’n M.A.-graad in kreatiewe skryfwerk aan die Universiteit van Kaapstad. Haar debuutbundel, In die…
Koos de Wet. kosmiese adres
kosmiese adres Die Vinger bly op die big bang sneller simbolies skyn die mens se eerste lig in stilte sterre eers miljarde der miljarde jare later ons uitspansel skulp in blou snags glinster sy oё in ’n geprikte skil ’n melkweg ryk aan spirale ons verste enkelster is Earendel ’n metafoor…
