wanneer verse begin droom –vir Wilhelm Knobel vir jou word vroeg reeds ’n verskalwer gebrandmerk, boerseun uit Bethlehem. jou moeder kon jou nooit soog nie, haar borste was droë spruite. jy treur oor jou verlore biesmelk, steel soms die laaste knertsie uit die melkery waar jy en jou broers knerskoud koeie moet…
Category: Kompetisies
Lykdig 15: Waldemar Gouws. Opium en morfien
Opium en morfien Vir Eugène Marais (9 Jan. 1871 – 29 Maart 1936) as jy in die hel leef – daar is ‘n skadu op die son – doen dit eerder dronk en sing so die lied van Suid-Afrika dus die oop o van opium die toegemaakte m van morfien jy is…
Lykdig 14: Melanie Grobler. Lykdig
Lykdig Vir Sheila Cussons Laas nag het sy geslaap in die huis van Nasaret, in een van die tallose stil kamers vanoggend wakker geword in ’n skuit wat skarrel oor die sand op die strand die koue van die see rys na die kamers van haar siel as helder lig uit…
Lykdig 13: Margriet Kotzé. Douglas
Douglas In memoriam: Ingrid Jonker (1933 – 1965) Uitgestrekte vlaktes, dog knus met koppies omring; ‘n vaal pad, hoofaar, wat versoenend sing. Grysgebrande koppies groet jou, bakens begelei jou: die ware pad huis toe. Van bossieveld tot by die see, het jy geleidelik vorentoe getree. Uitlating van dit wat binne-in druis, skets in woorde jou daagliks kruis….
Lykdig 12: Helize van Vuuren. Klipoog
Klipoog (vir Paul Celan) weg uit die kaal kamer en sy dooie oog wat bly staar: die Lied van die Seder vir ewig verdring het jy in die swart water ingevlug – na ‘n graf in die lug
Lykdig 11: Solet Scheeres. In Zuid-Afrikahuis is u nie dood nie
In Zuid-Afrikahuis is u nie dood nie Vir Elisabeth Eybers In die tydelike bewaarkamer van u werkplek staan ek met ‘n uitgestrekte hand, dik stilte stofdeeltjies wat ’n melkweg skitter in die oggendson, met die hoop om iets vas te vat vir myself te kry. Hier u boekery, tikmasjien en jas wat argeloos aan…
Lykdig 10: Marthe McLoud. Brief aan Boerneef
Brief aan Boerneef (1897 – 1967) Hooggeagte Professor van der Merwe Die berggans het ‘n veer laat val met ons ontmoeting in Carl Boplaas se voorkamer: 1981 – my matriekjaar. “Daar lê die begin vannie ding ennie end vannie ding,” soos jy altoos gesê het. My oë het joune vasgevang, lank en…
Lykdig 9: Fransi Nieuwoudt. Ingrid Jonker
Ingrid Jonker Jy wat die glasskerwe van weggooibottels soos ‘n geheim in die grond kon bêre dit kon inpapie met die roulint van blare beenwit gewier ‘n oopgedolwe kerker jy wat in jou eie op en af die skuimskot van branders kon naderhark in leed-uitbundige verse doodstil gewieg in die gladmaak van golwe…
