Hy’s vermoor oor geld vir kokaïen Die Burger, 10/03/2025 faust dat boosheid bestaan is nodig sodat onskuld as teëwig kon verskyn en dat dit die donkerte laat verdwyn sodat entropie die realiteit kon belig maar laat ons teënsinnig die lot van donkerte verduur sonder dat dit ons sal aanvuur sodat ons…
Category: Kompetisies
Meyer van Rensburg. He saw how architecture and sculpture could coexist: Why Greece fell in love with Henry-Moore
He saw how architecture and sculpture could coexist: Why Greece fell in love with Henry-Moore The Guardian, Okt, 2024 Klippe, berge, rotse, bome, struike, bosse, goggas, diere, mense, strepe, lyne, klosse beweeg in totaal diverse figure –boepens of skraal, swaar of vliesig-lig, behaard, gekleed of kaal, party met Griekse god-gestaltes – ’n…
Marieta McGrath. Kenners praat kunsmis
Kenners praat kunsmis NETWERK24, 28 Januarie 2025 Die rede van menige politikus is, as jy my vra, geheel en al mis. Dié duisende woorde lewer min wins – om só te kan praat, bly maar ‘n kuns! © Marieta McGrath, 2025
Marthé McLoud. Een keer om die son
Een keer om die son Maroela media, 20 Augustus 2024 Kaalgatperskes eens volryp en begeerlik nou verimpelde oumensgesigte in kratte opgestapel soos die verdiepings van ‘n ouetehuis gereed om verskeep te word. © Marthé McLoud, 2025
Meyer van Rensburg. Young ones have more fun
Young ones have more fun (Metro, 12/2/2026; Metro.co.uk) As jongmens van sestien jaar en agtien maande staan sy op die drumpel van die lewe: die aarde sirkel stadig elke dag lank uitgerek maar die musiek is prestissimo die lewe opgewek Op drie-en-dertig en vier maande begin musiek-tempo’s halveer allegro moderato maar die…
Gerard Scharn. Alleen zijn we verloren, samen soms gevaarlijk
Alleen zijn we verloren, samen soms gevaarlijk Trouw, 05-03-2025 sloppenparadijs er wordt traag geleefd en snel gestorven in de stegen van de oude binnenstad waar straten als bajonetten kruisen waar de laatste opiumschuiver zijn koloniale droom in rook verdwijnen laat de kinderen aan de tering zijn bezweken de middernachtzendeling van…
Andrea Sieberhagen. Vuur en vlam
Vuur en Vlam Huisgenoot, 26 Desmenber 2024 Die duiwel het weer sy pyp langs van Hunks laat val en te laat, vervaard daarna gegryp. Die vonkspiraal in die wind bly rampspoedig draal terwyl vuur en vlam digte fynbos vind. Grys rookwolke bondel lukraak saam in die lug. Helikopters beplan akkuraat elke…
Ilse van Staden. Weerdiens deel weer voorspellings
Weerdiens deel weer voorspellings Maroela Media, 1 Maart 2025 Noudat die weer weer onvoorspelbaar is soos ʼn bedonderde vrou wat buierig swaai tussen oorstromings en droogte, noudat die voorspel tot somer yswind is en winters onverklaarbaar warm, bring die weerdiens u graag op hoogte: Stof maar die kristalbal af en haal die dolosse…
