Die landskap is ’n gesig Die landskap is ’n gesig: blou iris by dag, digte wenkbrou & wimpers van ’n woud by nag. (Johann de Lange: Miniatuur) Pierneef kon jou komvandaan, die Bosveld, presies vertolk: die son, die hitte, die bome met hul knoetse en peule. Teen die agtergrond ‘n berg in…
Category: Kompetisies
Floris van Zyl. ‘n tafereel van haat en lus en liefde
‘n tafereel van haat en lus en liefde (na ‘unrequited’ deur Penny Siopis, met apologieë aan Jan Rabie en I.D. du Plessis) jou oorgebedekte tafel vorm ‘n doelbewuste rangskikking ‘n uitbundige uitnodiging in die oorbeligte spel tussen rooi en oranje en rooi, ‘n seisoenale lokspyskaart vir die onervare kaalkop – want ons…
Marieta McGrath. Kontorsie
Kontorsie Na Florian Wozniak se beeldhouwerk Dreamer ‘n Kind lê so: op sy rug met sy bene in die lug, kyk onderstebo TV, maak van ongemaklike kontorsies ontspanning – hy weet hoe om swaartekrag te fnuik, hy weet hoe om die wêreld onderstebo te bekyk en rus daarin te vind, hy glo…
Joan Hambidge. Kognitiewe kortpaaie
Kognitiewe kortpaaie In die kavalkade in Dallas Texas 22 November 1963 word JFK getref ene John Connally Texas Goewerneur verwond en Mevrou Kennedy perderuiter van formaat probeer red wat te redde is … Lee Harvey Oswald vuur uit die boonste verdieping en Jack Ruby skiet op hom die American Dream aan skerwe. …
Nuwe Versindaba-kompetisie: Skryf ‘n ekfrastiese gedig
Versindaba nooi graag digters uit om gedigte in te stuur wat in gesprek tree met ENIGE KUNSWERK DEUR ‘N SUID-AFRIKAANSE KUNSTENAAR. Die wenner ontvang R1000 prysgeld. Vereistes Gedigte oor die bogenoemde tema word in aanmerking geneem vir die kompetisie, hoewel ander gedigte steeds welkom is (maar nie as inskrywing vir hierdie…
Rina Bester. Saw German army roll on like fog
Saw German army roll on like fog New York Tribune, 23 August 1914 laatmiddag slinger slinger twee mense strandlangs waterlangs gedagtes uitgedoof deur branders wat deurskynend akwamaryn omvou omvou dra dit lae voue plooie en bollings wit gaasdoek gaatjiesdoek kloskant chantillykant skuim wat suisel-suisel oor die sand en voor hul voete trek die…
Rina Bester. Red terror in Berlin
Red terror in Berlin Daily Express, 15 January 1919 in die begin van vyf tot vyftien haar kop los van haar lyf gedink Bybelstories in die sondagskool voor slaaptyd Bybel oor en oor Johannes een: in die begin was daar die Woord en die Woord het vlees geword hare sy wou nie…
Jacques Boshoff. Sê tog wat “terminaal” beteken!
Sê tog wat “terminaal” beteken! Netwerk24, 23 Desember 2021 ‘n Groot groenbruin kewer lê voor my agterdeur, kriewel op ‘n koue teël, desperaat, rek en strek en swaai drie oorblywende bene sonder voortgang – van iewers, hoog, die hoonlag van ‘n hadeda, honger en sonder genade die troostelose koms van…
