sigmund f alles word analities ontrafel ons diepste motiewe uit dun drade van die dig verweefde tapisserie waar die id gereduseer word tot die libido © Leunis van Rooyen, 2024
Category: Kompetisies
Leunis van Rooyen. farmaseut (M)
farmaseut hy tik van die spatelpunt milligramme poeier wat die skaal se naald in fynste ewewig roer maar kan sy medikament dit besweer wat onverklaar is die pyn wat onophoudelik sloop aan kamers van die hart © Leunis van Rooyen, 2024
Rina Bester. kleptomanie (M)
kleptomanie steelsug nie deps of gaps têre of poppentjies teken as sy gespanne met vaste tred dorp toe gaan vir naarstiglike soeke deur winkelrakke vir alles op haar lys raaisels verdiep oor die walging wat opstoot in haar keel maar berooid en lelik bly die blompot en tamatiesous in haar handsak as…
Rina Bester. kwaksalwery (M)
kwaksalwery na – Hieronymus Bosch se “Extraction of the stone of madness” (1502-1505) jan en alleman nie soos lubbert das vasgegord op ʼn stoel skuil gesigloos agter sleutelbord en skerm kap selfvoldaan met vingers send send send om hul alwentende X’e twitterend stronterig op die internet te blerts is dit erger as ou…
Rina Bester. neonatoloog (M)
neonatoloog spina baba roep groot indaba opereer god se helper dan deur maagwand vliese en sak laat hy jakkals trou met wolf se vrou sodat hierdie kind nie met gesplete rug op ʼn reëndag soos ʼn oggeliefie ogilvie met kwyl op sy mou druppels teen die ruit oopmond moet volg blink blinker druppelsdou…
Madeleine Louw Blignault. De…mensie (M)
DE…MENSIE jy wat so versigtig sluip onhoorbaar onsienbaar ontasbaar waar kom jy vandaan ongenooid jou vastrap in my siel wie het jou geplant in my onthou se kant jy sypel in elke neuro rif onkeerbaar drup vir drup jy sluit my gedagtes af onstuitbaar sluis vir sluis wat…
Jacques Boshoff. Noodgeval (M)
Noodgeval Die ambulans se lig weerkaats rooi op sy blou gesig. Met aankoms word hy opgeneem en geïntubeer. Resus! staan op sy lêer. Dit rym met Jesus, sê sy pa en die wagkamer word ‘n kerkgebou van agterstallige gebede en skuldige gewetes. Uiteindelik, uit die spierwit gang kom ‘n lang man…
Margaret Cordier. By die dood van woorde (M)
By die dood van woorde ek wonder waar gaan gedigte heen wanneer die woorde ingespit soos saad in die braakland val groei dit soos blomme of bome rank dit soos groente of hang betekenis soos rooi appels in die boord my oudste dogter is ‘n digter op hoërskool SA poetry society…
