Outisme ‘n Foto is die wêreld vasgevang, werklikheid in ‘n geraamde tydstip. Maar hý is konstante sensoriese kontinuïteit, voortdurend intyds, hulpeloos behep: As sy hand teen die deur tik saam met die buurman se grassnyerritme, weerklink die vibrasies van die by wat om kelkkleure op die vensterbank dans, deur die swoel van…
Category: Kompetisies
Dietloff van der Berg. Paestum (M)
Paestum – Tombe van die duiker 470 v.C. Na die lewensfeesmaal klaar geëet met vriende wat musiek maak met spel, wyn en liefde vreugdevol geniet jou voete ongepunt horisontaal asof jy nog onderstebo bly plat op die aarde staan, met die sakkies en penis wat jou saad versprei het onvrugbaar nou onder gebulte…
Dietloff van der Berg. Môrespieël (M)
Môrespieël Dis ek, net ek omgedop in die glas beendere vel en ʼn lagie spek. Ou kadawergevreet hoekom wil jy nie vrek nie? Al gaan jy in angs lê skop en slaan die sekondegroot miertjies bly kom nog opeenvolgend aan en vreet jou gestadig weg. Ek maak die medisynekassie oop en al…
Dietloff van der Berg. Herhaling (M)
Herhaling Sy hande herhaal die bulte van haar borste en met elke verbeeldingshaal stroop hy die bra dun lagie beskawende kant herhaaldelik af tot waar haar bultende tepels was wat teen die kanker sjirurgies afgeflens en gerekonstrueer hom laat vassuig en verweer voor die driftige vervoer weer en weer die donker water in…
Lenie Coetzee. Die naakte foto
DIE NAAKTE FOTO Op die rekenaarskerm is ʼn naakte foto vergroot verbeelding is oorbodig elke detail is teenwoordig Die geoefende oog van ʼn radioloog sien duidelik die probleem op die ontblote heupbeen Die linker kop en potjie ietwat wasig uitgebeeld toon duidelike verwering van jare se ontbering Die ortopediese chirurg…
Dietloff van der Berg. Elektroënsefalogram (M)
Elektroënsefalogram Ek hoor nou nog daardie donder skop weerligstraalflitse pyn geswete teenstander, Wintergreen gras ’n hele lewe verdwyn . Hier sit ek by my bewussyn oopmond met my rubberkepsie vol elektrodes op my kop en voel hoe krapsgewys uit my brein impulse grafies ’n boodskap op papier uitklop deur ooglede tot in lobbe…
Dietloff van der Berg. Buikdanseres (M)
Buikdanseres Uit die misrook op die verhoog kom jy met jou arms deinend na voor mistiek gerig op die afwagtende gehoor terwyl jou lenige lyf en beurende borskas wieg op die hartseer maat met die ritmies klinkende munte wat keer op keer om jou heupe val en opwip as jy Leila se smartlike…
Hannes Visser. Ne regrette rien (M)
Ne regrette rien ek het geen spyt of verwyt oor een enkele besluit elkeen is geneem in sy eie ruimte en op sy eie tyd ‘n vriend het op ‘n keer gesê ons heel eerste asem is die begin van ons heel laaste met ‘n reis tussenin hierdie kliniese kamer is my…
