aan een ziekbed hoi Sjaan dat was kantje boord het scheelde maar een haar of je had hier niet gelegen ach welnee het is erger dan het lijkt een zwakkeling die hier aan bezwijkt en er zijn geen complicaties verscheur je necrologie of herschrijf die maar voor een ander ja zo lust ik er…
Category: Kompetisies
Anton Dockel. Antie Bella
Antie Bella Antie Bella ratel al jare in die kombuis – klinkende metale en luidende simbale haar skottelgoedorkes die borde en glase spat in skerwe op die vloer ek kom uit ’n gebroke huis lag antie Bella Maar dis nie ’n grap toe sy op die vetkol gly o gotta help my ek…
Hennie Maartens. Afsterwe van Moeder
Afsterwe van Moeder vreemde reuk hang in die lug in die holtes van ons neusgate doodse sweet steier orent om by ons ingang te vind ja, twee en derig jaar gelede staan ons verslae en verdwaas en toekyk by ons sterwende moeder daar in die kankersaal van die nasionale hospitaal. ons pa se…
Joan Hambidge. Staalkaart
Staalkaart Die lyf glo verraai pyn innerlik soos angs, woede, teleurstelling. Die swelsels op jou voete: hoë bloeddruk; later bloedvatontsteking weens ‘n lae witbloedtelling. Sedert jou skielike oorvaart pyn mý hele liggaam letterlik: siekte as metafoor van Sontag. Lacan se vlees wat uitwentel in knoppe weens manque-à-être of…
Bester Meyer. Kanker(s)politiek
Kanker(s)politiek in appelkoospit se kern lê kanker se kuur – samesweringsteorie of skrif teen die muur my moeder se lyf sag soos die woord – in kammaland geskep uit ʼn sterwensakkoord ons het nie pitte verkry vir Pfizer vertrou – en niks het makeer in ons omgee vir jou gesterf…
Margaret Cordier. Jeremia se rympie vir genesing
Jeremia se rympie vir genesing in gilead is ‘n balsem ‘n soetgeur spesery die hars ‘n gom wat wonde heel kan kry als wat lewe gee oom sarel se perskes van kodling mot bevry pluk ons die skoon vrug wat onpeilbaar groei wanneer sy olie oor ons binnekant vloei. © Margaret Cordier,…
Hendrik J. Botha. Die dood op ‘n ligter noot
Die dood op ‘n ligter noot Om die weg van sterfte self te kies sou bepaald lei tot pandemonium. Elkeen sou galant terugstaan vir ‘n ander om eerste te gaan, dan diep nadink oor die mees gepaste weg verkieslik sonder pyn of ongerief: beslis nie ‘n gewas in milt of pankreas, ook…
Elna Kruger. Gordelroos
Gordelroos Sommer skielik verskyn die seer vuurtonge wat vreet en brand oënskynlik sommer, sonder rede tot gewraakte blasies borrel. Antivirale medikasie maak groot konsternasie dis jeuk en juk en brandsiekseer lewensmoegheid wat alles oorheers en elke dag nog ‘n Everest. Genesing is ‘n lang tydsame proses ‘n waarskuwing om rustiger te…
