Die wenners van die kompetisie waarin digters ekfrastiese gedigte (gedigte oor kunswerke) moes inskryf is: Eerste plek: Joan Hambidge met haar gedig “Die landskap is ’n gesig” https://versindaba.co.za/2025/05/07/joan-hambidge-die-landskap-is-n-gesig/ Naaswenners: Ilse van Staden met “Deursigtige oggend” https://versindaba.co.za/2025/05/27/ilse-van-staden-deursigtige-oggend/ Dietloff van der Berg met “Winter” https://versindaba.co.za/2025/06/04/dietloff-van-der-berg-winter/ Elmarie Stofberg met “Ewige kind” https://versindaba.co.za/2025/05/20/elmarie-stofberg-ewige-kind/ …
Category: Kompetisies
Cobus Kruger. ‘n Man van Vrede
‘n Man van Vrede jy steeds verdoesel in jou jeugdige lapwerk rebellie en durf, gedienstige vrees klem die wapen beangs teen jou vas nag en dag omring deur versengende vlam wat onvrede vraatsig verteer want geweld verbrysel bose geweld deur die loop van jou aanvalsgeweer die vredesduif is immers jou vaandel gedrapeer…
Retha van Deventer. nuwejaar
nuwejaar sou oranje blanje blou kwashale verhale van kaapse klopse in skarlakenrooi strikdasse wat reëlmatig om nekke pryk hul bekommernisse kon kallus of verdoesel tot die laaste droesem sou oranje blanje blou hul baadjies kraakvars hou monde en oë wit gepleister gesaxofoon of gebanjo met dans as skans of skalks in klanklose…
Jacques Boshoff. Springgety
Springgety Jakarandas kantel, hang vrugbaar en swaar, stol in ‘n suiwer moment, die perfekte, primordiale boog van inhou, terughou, voor die meegee. Dan, iewers, by ‘n enkele boom is daar ‘n ligte vibrasie, begin ‘n kettingreaksie: bome bars en bloei onbeskaamd pers en oorvloedig, soos konfetti in Oktober se strate. Helaas,…
Rou Praat. Diere met diepte
Diere met diepte ons is tog maar net diere met diepte ’n pels gemaak van vel ’n raamwerk van been bly ons die gevaarlikste een ons kan woorde preek maar ons dade laat ons wêreld in die steek na ‘n ewigheid aangetrek in pels en been word ons vlees en…
Yolanda-Faye Holden. Beeld
Beeld ’n Noodtoestand vind gestalte in die ondierlike menslikheid van die polsende vuis, neem die borskas op horings. Om te leef is ’n stryd, oorlewing is Struggle Art gekonfronteer met die selfportret: oopgekloof en ruggraatloos drie-enig verpak binne die self toegedraai in sintuiglose seisoene: die gehoor gekelder die spelonk van die mond die…
Krige Visser. parentese
parentese met ‘n blik op ‘die geblindoekte man’ olie op doek van marlene dumas is daar rede tot ‘n woordestilstand om dus tevergeefs die evosere stroom te keer roep ek uit ‘n armirus (in my ruim binne my grense transtekstuele kruisermissiele van huxley se beavis siende blind ploeter tussen morele bomrommel en reünes…
Andrea Sieberhagen. Koljander so deur die bos
Koljander so deur die bos Anja Botes se The road less travelled Koljander, koljander so deur die bos. Iewers in die bos is sy argeloos alleen gelos. Voor sy kon kies kon vra, moet sy alléén haar laste dra. Haar ma en pa kook lekker kos. Elders verstik iemand…
