onder die vergrootglas in blokke en sirkels lê vasgevangde oomblikke dissekteertafel op doek ‘n vrou sigbaar vermom een onbewus die man verstom druifrooi sap wat verborge begeertes verklap ‘n halfnaakte bors sigbaar maak ook ‘n hand wat uiteindelik heelbo aan die koussoom raak die bottel in die bak van glas verwronge vertoon kleiner…
Category: Kompetisies
Hennie Maartens. Cloisonnisme
Cloisonnisme Paul Gauguin, Winterlandskap 1879, Museum of Fine Arts, Budapest omgeef van alle teenstand het hy soos ‘n seekat se suiers die hemelruim besoek en in sy verlatenheid die plat aarde as renegaat verlaat die landskap is soos ‘n plat gelaat met kaal gestroopte bome soos ‘n winternag se prag. ©…
Johan Swanepoel. straatkind
straatkind vandat ek my uit haar taai vel los geskeur het het ek geweet sy’t nie meer lus nie het ek geweet sy voel ongenooid dis asof sy haarself van haarself en van my wil verskoon haar baklei het in die fyn plooitjies om haar oë en in die hard van…
Marthé McLoud. Trippe trappe tone
Trippe trappe tone Na Pigcasso se South African dance Geen politieke varkkop op ’n skinkbord hier met ’n appel in die bek nie net ’n kwas en ’n beroemde snoet as handtekening en ’n tolbos vol varkse gedagtes in Portchie-kleure: Kringe in ’n bos. Rondomtalie. Wielie Walie dans in sirkels op die balie…
Joan Hambidge. Die landskap is ’n gesig
Die landskap is ’n gesig Die landskap is ’n gesig: blou iris by dag, digte wenkbrou & wimpers van ’n woud by nag. (Johann de Lange: Miniatuur) Pierneef kon jou komvandaan, die Bosveld, presies vertolk: die son, die hitte, die bome met hul knoetse en peule. Teen die agtergrond ‘n berg in…
Floris van Zyl. ‘n tafereel van haat en lus en liefde
‘n tafereel van haat en lus en liefde (na ‘unrequited’ deur Penny Siopis, met apologieë aan Jan Rabie en I.D. du Plessis) jou oorgebedekte tafel vorm ‘n doelbewuste rangskikking ‘n uitbundige uitnodiging in die oorbeligte spel tussen rooi en oranje en rooi, ‘n seisoenale lokspyskaart vir die onervare kaalkop – want ons…
Marieta McGrath. Kontorsie
Kontorsie Na Florian Wozniak se beeldhouwerk Dreamer ‘n Kind lê so: op sy rug met sy bene in die lug, kyk onderstebo TV, maak van ongemaklike kontorsies ontspanning – hy weet hoe om swaartekrag te fnuik, hy weet hoe om die wêreld onderstebo te bekyk en rus daarin te vind, hy glo…
Joan Hambidge. Kognitiewe kortpaaie
Kognitiewe kortpaaie In die kavalkade in Dallas Texas 22 November 1963 word JFK getref ene John Connally Texas Goewerneur verwond en Mevrou Kennedy perderuiter van formaat probeer red wat te redde is … Lee Harvey Oswald vuur uit die boonste verdieping en Jack Ruby skiet op hom die American Dream aan skerwe. …
