Santiago de Camino Compostela die voetval van die pelgrim loop deur die slagaar van die veld ‘n skaam beek omhels die heuwels die landskap se vlegsel netjies met ‘n wit lint vasgebind kaboutereter-kewers, bondeldraers en ‘n eensame kakkerlak luister aandagtig na die geruislose voetval van ‘n boetgesant ‘n ooievaar bring…
Category: Kompetisies
Johan Swanepoel. torings
torings kanse is goed dat ‘n kind met blokkies ‘n toring wil bou die kleure van die reënboog op mekaar sal stapel totdat dit omval net om dan die stukkies bymekaar te vee en van voor af te begin die keer dalk met ander blokkies so goed soos jy wat in…
Stephan du Toit. Witgatboom
Witgatboom Rotsvas staan jy in die dorre vallei, die Richtersveld jou wydgeleë moeder wat jou voed en bewaar, jou behoeder wat met beplooide hand jou voedsel berei. Hoe diep moes jy nie delf vir lewensbies? Hoe fel kon haar asem jou nie skroei? Jy smag na die rivier wat véraf vloei, vér…
Joan Hambidge. Die siel ‘n paleis vol geheime
Die siel ‘n paleis vol geheime Ek onthou ‘n Sondagmiddag in die Strand, die groen luike diggetrek teen die somerson: Ouma Hannah skink tee vir ons in haar huis. Dowe Oupa, reeds dood, die skilder van klein taferele, waar is die asbak nou met die see? My ma bekommerd (sy-eet-nie), my pa paai;…
Maritha Broschk. Identiteitskrisis
Identiteitskrisis Is ek dan meer as ‘n bos tuimelende hare: ‘n teenpool van heiligheid met ‘n fetisj vir voete? Vergewe is ek, die opgehemelde hoer. Geseënd is ek, onder die manne: die res van my storie, verban uit die konsistorie. © Maritha Broschk, 2024
Elmarie van Kampen. Getsémané
Getsémané Matthéüs 26 vers 36 tot 64 intense lyde in die pragtuin Getsémané op die Olyfberg waar Jesus ten hemele gepleit het by sy Vader om genade en redding van sy Godsbestemde doods-lot terwyl sy dissipels sluimer en slaap waar Hy hul bloedbesweet met ‘n lig-bewende hand op die skouer uit hul slaap…
Anne-Marie Bartie
Donkergat op die yl agtergras waar ek krummels gooi staan my liggaam bloots teenoor vergunning, die skone edelbeeld van ‘n rooioogduif se vaalblou dons roekoek ‘n paradoks van die geskifde veer – wat immers ‘n offerhande uit die Ou Testatment is – versus my onvermoë om rustig, rein te wees óf te…
Sarel van Zyl. Die god teen die dak
Die god teen die dak Ore toe onder louwarm water Op my rug staar ek deur die stoom na die badkamer lig Skielik,na links, so twee oop hande sit jy groen-skel afgeëts teen die knotty pine planke Hottentotsgot het die mense jou genoem maar om polities korrek te bly is die tyd…
