drie dae na Kersfees die hoë regop venster en die lang leerbank ontmoet verleidelik in die huis se hoek vir ’n luilekkerlyf is dit die tuin van Eden veral met die venster wawyd oop genoeg wind en genoeg lig weef los gedagtes nes wit rafelwolke en die hittig gebakte spitsdak klink soos druppels…
Category: Kompetisies
Henriëtte van Wyk. alfabet van die rooi asdrom
alfabet van die rooi asdrom na bowe geëts dié weggooi-verwerp – ’n rooi drom propvol rafelpapiere op ’n grofgrein tafel gleuf na gleuf spleet die drom se tralies frommelwoorde en verskeurde sinne reflekteer verlossendrooi ook genade-alfabet vanaf die skedelkop in die land van melk en heuning toe daardie mensverwerpte nie-waardig-nie drommelsiel die…
Frans van Rensburg. Lydensweg
LYDENSWEG (Hospitale) Saint Francis. Saint Peter. Saint Paul. Personeel lag in die gange. Pasiënte bid in beddens. Families huil langs oop grafte. Saint Anne. Saint Mary. Saint Helen. Die wat betaal mag bly leef. Dokters met hande vol bloed word vir hul foute vergeef. Calvary. Holy Cross. Faith. …
Hester Steenkamp. buitewyke
buitewyke net voor jy die dorp inry kan jy afdraai op ’n stofpad na waar die huise valer en die kinders gelukkiger lyk, malvas en seringbome deur ou buitebande beur en honde met geswelde tepels skugter snuffel vir iets te aas in dik lug vol rook en musiek wat agter skerms uitborrel vir…
Hester Steenkamp. aanvaarding
aanvaarding op wolklose nagte as die maan mollig hang en die veld silwer soos die borsvere van ’n singvalk om my span wil ek lang tjanke gee nes ’n eensame wolf in die toendra wat sy trop soek die nag verniel my die nag verlei my dan roep ek na die hemel…
Frans van Rensburg. Outo-immuun siekte
OUTO-IMMUUN SIEKTE (“Stiff person” Sindroom) Onse Vader wat in die hemel is, laat U wil dáár geskied. Ek, ʼn sterweling met marionetsieke wat op aarde is, laat mý wil hiér geskied, en wanneer dit tyd is, my kop weg skiet. © Frans van Rensburg, 2024
Frans van Rensburg. Nagmaal
NAGMAAL (Suster aan diens) In intensiewe sorg, die aand voor die tyd, sit sy langs my bed. “Gee jy om?” vra sy. Ek skud my kop. Twee medisynemaatbekers, een vir my, een vir haar. Hoesstroop en brosbrood. Sy breek die brood: “Neem, eet, dit is Sy liggaam.” Sy lig die maatbekers: “Drink,…
Joan Hambidge. My stofsuier
My stofsuier ‘n Blou ongedierte dalk ‘n krokodil of likkewaan al meer as drie dekades lank ‘n bondgenoot wagtend onder ‘n tafel op sy stille prooi: stof en ander uitskotsels soos stukkies naels en hare van ‘n geliefde ‘n blinkblaar, krummels op die tafel of wat-ook-al. Onverwags breek sy suigende pyp…
