Geboortes geboorte is ’n pynlike proses as die vrugwater breek moet jy uit uit jou klein donker en beskermende kokon uit deur die dun kanaal uit na die wye wêreld waar vreugdes en frustrasies wag uit na die lig waar jy mens kan word maar as jy regtig, regtig mens wil…
Category: Kompetisies
Stephan du Toit. Springbok
Springbok pa het my liefgemaak vir rugby die bokke teen die all blacks, ek was tien pa maak my wakker, halfvier, met koffie en beskuit; dis die eerste haka wat ek sien winter of somer kan ek nou nie onthou ‘n kombers, onthou ek wel, was pa vir my elke wedstryd sou…
Christiaan Diedericks. Kopbeenversamelaar
Kopbeenversamelaar in Varanasi kou ‘n Agori aan die vingers van dooies smeer die as van eeue oor sy lyf hy slurp die bonatuurlike uit sy skedelbeker gekerf uit die gesteelde kopbeen van ‘n onbekende geliefde op die brandstapel die monastiese askeet – in diepe beswyming – verorber die soet vlees van…
Jaco Fouché. Vroegsomeraand met betragter
Vroegsomeraand met betragter Sou die terriër wat teen sononder op die grasperk sit sy ore spits vir elke geluid wat ek hoor en meer: die onduidelike musiekritme uit ‘n buurhuis, die pok-pok van tennisballe op die reeds verligte baan, die bedaarde geblaf van ander honde wat dalk ook op hierdie oomblik die vroeë aand…
Christiaan Diedericks. Santiago de Camino Compostela
Santiago de Camino Compostela die voetval van die pelgrim loop deur die slagaar van die veld ‘n skaam beek omhels die heuwels die landskap se vlegsel netjies met ‘n wit lint vasgebind kaboutereter-kewers, bondeldraers en ‘n eensame kakkerlak luister aandagtig na die geruislose voetval van ‘n boetgesant ‘n ooievaar bring…
Johan Swanepoel. torings
torings kanse is goed dat ‘n kind met blokkies ‘n toring wil bou die kleure van die reënboog op mekaar sal stapel totdat dit omval net om dan die stukkies bymekaar te vee en van voor af te begin die keer dalk met ander blokkies so goed soos jy wat in…
Stephan du Toit. Witgatboom
Witgatboom Rotsvas staan jy in die dorre vallei, die Richtersveld jou wydgeleë moeder wat jou voed en bewaar, jou behoeder wat met beplooide hand jou voedsel berei. Hoe diep moes jy nie delf vir lewensbies? Hoe fel kon haar asem jou nie skroei? Jy smag na die rivier wat véraf vloei, vér…
Joan Hambidge. Die siel ‘n paleis vol geheime
Die siel ‘n paleis vol geheime Ek onthou ‘n Sondagmiddag in die Strand, die groen luike diggetrek teen die somerson: Ouma Hannah skink tee vir ons in haar huis. Dowe Oupa, reeds dood, die skilder van klein taferele, waar is die asbak nou met die see? My ma bekommerd (sy-eet-nie), my pa paai;…
