Skoonmaakvrou Uit ’n woonbuurt van sink kom sy in om huis skoon te maak die ellende wat sy saambring en afgee aspris om my gewete te kom traak bly terug sypel ten spyte van die uitvee geluide uit die kombuis die breekgoed word heftig opgewas waswater spat dit spoel en skuur…
Category: Kompetisies
Gerard Scharn. onuitgesproken
onuitgesproken mijn moeder sprak twents met een twist maar slechts bij heimwee naar haar stad waar zij geboren was haar man een politieman zweeg in alle talen die hij kende want een antwoord had hij niet want ook hij had verdriet waarvoor hij geen woorden had ze zijn al jaren dood…
Marthé McLoud. Vlug
Vlug Met rooigekleurde rastalokke vol reënboogkrale, ’n groen jas met ’n animal print-omboorsel, pienk boots, blou naels en ’n neusring soos dié van ’n bul, sweef sy na die ontvangsdame met ’n “Hallo darling”. Alles vloei terug na my, hier waar ek saam met die armes in ‘n wagkamer sit, en ek…
Liza Petersen. noudat die amandelboom
noudat die amandelboom wit blom en die jare kom waarvan ons sê dat dit ons nie behaag noudat die tand van die tyd die vet van ons lyf en die murg uit ons pype knaag noudat ons soos winterpopuliere langs klipperige spruite staan sien ek Pa ‘n Van Gogh-skildery in die sagsissende lig…
Liza Petersen. tydige waarskuwing
tydige waarskuwing met apologie John Fowles Die vrou aan haar aard getrou wil graag klou aan die man van wie sy hou; sy is ‘n see-anemoon wat toeklamp om die hand wat dit waag om haar aan te raak. © Liza Petersen, 2024
Floris van Zyl. Mense jaag
Mense jaag (‘n pastiche op Ina Olivier se “Mense jaag”) kinners jag en skarrel vir ching vir pakkies cheap chips soos die honger bakhand stol teen die vuilgeel skilfers van die verkeerslig hier en daar aangeraak deur hande bo-oor ruite wat net ontslae wil raak van hul sente © Floris…
Elisma van Zyl. Bevry die Spreukevrou
Bevry die Spreukevrou moet my nie besing by die stadspoorte nie moet nie op my steun om my vrugte te pluk nie moet my nie meet aan edelstene nie moet my nie besing as my lamp nog brand in die nag moet my nie besing as ek ons kinders voed en klee…
Anzé Bezuidenhout. Serenade van genade
Serenade van genade in die refleksie van die son bly jy immer vrou met emosies wat skommel tussen hier en nou waaksaam skuifel jou oë oor die wit duin se kruin waar ’n duisend gedagtes in die skadu van ’n wolk wagtend en smagtend lê luister, na die stem van genade…
