“Khwezi” vir Fezekhile Kuzwayo (1974-2016) Hulle was helde my pa en hy in die hel van daardie sel wat hulle so diep moes deel toe hulle beste jare gesteel is. Was dit my pa se laaste vraag in die oomblik voor hy sterf? Wie sy vaderskap sou erf? Hom oor my sou…
Category: Kompetisies
Annora Eksteen. Een aand by ‘n musiekstudiebeurskompetisie
Een aand by ‘n musiekstudiebeurskompetisie sy vra vat my saam na daar waar jy so baie gaan so kom my engel ek vat jou vanaand na ‘n klassieke musiekaand volmaakte komposisies met temas en variasies uiteensettings ontwikkelings herhalings en stadige slotakkoorde ‘n opgevoede gehoor ‘n asem wat intrek ‘n…
Jacques Boshoff. Die onskuld nou verlore
Die onskuld nou verlore My studeerkamermuur is volgeplak met vadersdagsketse en kersvaderbriewe. Plek-plek kom die prente los, die gevolg van seisoene se beur teen swaartekrag. Ek het geweet die dag moes kom, maar hoe lomp en onvoorbereid is ek vir hierdie afskeid uit sprokiesland? Hoe dun is die lyn tussen feëverhaal en…
Annora Eksteen. Dit was net ‘n dagdroom Sondagoggend
Dit was net ‘n dagdroom Sondagoggend waar ek haar sien in hierdie nette tuin met waterdruppels op haar pragtige lyf ek sien haar sierlik in hierdie skoonblou swembad duik sy borrel soos altyd op met haar lieflike lawwe kop knipoog vir my giggel en vra wil jy nie inkom inkom nie kom…
Anne-Marie Bartie. maria
maria ek kan net dink aan daardie nag, Maria, in die stal op hooi toe jy in nood moes baar hoe die drukking van jou seun se kroon teen jou heel maagdevlies moes beur ek kan dink hoe groot die pyn was dalk wroeging ook met Josef aan jou sy – miskien…
Annora Eksteen. Die essensie van ‘n waternimf
Die essensie van ‘n waternimf ek slaap ek droom in my stil maanligmeer geure van mos en varings omring my ek voel in vrede ek hou jou na aan my hart ek sal jou nooit laat los nie ek is hier in my stil maanligmeer ek is hier in die…
Pirow Bekker. Besoek van Basilikat
Besoek van Basilikat (Vir Anke) Slapend in die woud van koorsboom en beton, het ek laasnag van ‘n tierkat besoek ontvang. Met ‘n vlagie wind deur die geligte ruit (Het ek haar verwag?) het sy gekom, iewers met sagte pote op die bed geland. Ek het opsluit gedink sy het gekom…
Pirow Bekker. Knipmes
Knipmes (Vir Pirow) Uit my plaasjeug, Seun, kom hierdie mes, ‘n Paul Krugermes, ‘n knipmes, Seun, vir wanneer die nood aan die man kom, selfs wanneer jou hande gebind is (Mag dit nooit so wees!) Vir ‘n oop wond het mens hande nodig: Oupa het eenkeer sy jagmaat se lewe gered deur…
