I Desenlace (Ontknoping). Dit is die teoretiese begrip vir ontknoping of losmaak. Die bundel Lostorring van Jadrick Pedro (Turksvy Publikasies) aktiveer sowel die woord torring (moenie met my sukkel nie) as om iets los te torring. Dit is ‘n vroulike begrip wat herinner aan ‘n vrou wat haar stuk weefwerk of ‘n rok wat…
Category: Artikels, essays, e.a.
Hoofsaaklik bydraes soos artikels en essays.
Joan Hambidge. Oor en weer
I So ontdek hierdie leser verlede jaar opnuut ‘n insigryke boek. Hennie Aucamp se bundel onderhoude gepubliseer onder die titel Oor en weer deur Protea in 2010. In hierdie versameling laat hy hom uit oor verskillende aspekte van ons bedryf. Oor taal, oor skryf en oor die resepsie van boeke. Aucamp was ‘n gesiene…
Joan Hambidge. Die digkuns as ’n tranche de vie
I Hierdie bundel word soos volg beskryf deur Daniel Hugo namens die uitgewershuis Turksvy: In scent of places beskryf die digter twee maniere van reis – geografies en geestelik. Die reis begin in suidelike Afrika, word voortgesit in Brittanje en Europa, en eindig dan weer in Afrika. Medereisigers, landskappe, stede en kunswerke vorm…
Joan Hambidge. George Seferis: die dialektiek van bloed en lig
I Hierdie digter is ook in Afrikaans vertaal. In 1989 verskyn ‘n vertaling van Dian Joubert, ‘n vermaarde sosioloog by Graphicos. Helize van Vuuren vertaal ‘n klassieke gedig: Ons son Die son was myne en joune; ons het dit gedeel. Wie ly agter die goue sy, wie gaan dood? Slanend op…
Daniel Hugo. Appels en rose: Enkele herinneringe aan D.J. Opperman (1914-1985)
Een van die mooiste liefdesgedigte in Afrikaans is D.J. Opperman se “Bouquet”. Dit staan in sy debuutbundel Heilige beeste (1945) wat opgedra is aan sy vrou, Marié: Ek stuur aan jou ’n ruiker rose in fyn papier gevou; dit gee aan my ’n eindelose kalm gevoel; want na gisteraand voel…
Joan Hambidge. Cafavy en Durrell (Nommer 120)
I So lui Cafavy se beroemde gedig in Engels: The City You said: “I’ll go to another country, go to another shore, find another city better than this one. Whatever I try to do is fated to turn out wrong and my heart lies buried like something dead. How long can I…
Joan Hambidge. Durrell en McEwan
I Lawrence Durrell se besonderse verbintenis met Kafafis (Cavafy) is die afgelope tyd uitgewys. Hoe hy as romanskrywer hierdie digter se werk gebruik om iets van Alexandrië, die beroemde stad, op te vang in sy The Alexandria Quartet. Die stad as dekadent, maar ook geromantiseer deur die verskillende karakters en vertellers. Die gedigte as…
Johann Lodewyk Marais. Windhoek se “onvolmaakte” kunswerk
Die Evangelies-Lutherse Christuskirche in Windhoek het ek van Suidwes-Afrika se seëls leer ken. Die kerk is op ’n helling in Sentraal-Windhoek in die nieu-romantiese styl met sandsteen uit die omgewing gebou. In die gewelfde sygewels en boogvensters is elemente van die “Jugendstil”-styl. Bouwerk aan die kerk het in 1907 begin en die kerk is…
