daar het jy dit (’n tanka) die ware liefde woeker regstreeks met die dood spring hoog soos Masai loer kort-kort oor sy skouer as glimpie van die waarheid © Anita van der Walt, 2024
Category: Kompetisies
Hannes Visser. Karoo-gebed
Karoo-gebed die aand was maanloos die sterre uitbundig ons het ’n bankie uitgedra verby die olyfboord en die nag ingeasem sonder ’n enkele woord ’n ligte wind het die nag se stemme aangedra kriek- en kikkerkore en die weemoed van ’n uil wyd uitmekaar het jou hande uitgereik na bo die flonkering…
Driekie Grobler. Volg die lig
Volg die lig waar stormwinde loei deur gebarste mure en oorlogsvure skroeiend flikker oor verpletterde gemoedere kerm ‘n nasie verwond stuur wierook ten hemele tussen vernielde skares tree ‘n kindjie rein in wit geklee triomfantlik na vore lig met ‘n ferm hand die menorah hoog en beveel: “Volg die lig …” …
Anton Döckel. Gebed
Gebed As al die miljarde tegelykertyd moet bid sal die hemel se netwerk ineenstort om verstrooide begeertes vervalste bieg en dankbetuigings na die regte afdelings deur te sit Jy verbeel hoe jou gebed oprys ’n rein wit duif in ’n ligkolom terwyl dit net van jou kop tot by jou lippe reis…
Ronel de Goede. Die ganse van Meidoem
Die ganse van Meidoem die ganse van Meidoem wei vir tyd en ewigheid op die oewers van die verbeelding grootlyf streeppens rooibors: van elk ’n tweeling mik-mik hier na ’n insek pik-pik daar ’n blaar wyd en syd gehuldig: eenvoudig wonderbaar sierlik verbeeld in hul dinglikheid verf van kalksteen hematiet…
Nini Bennett-Moll
Plantasie Ek is ’n bioom sampioenspore en lugstrome vertak tot filament en fungi dis die moederbome wat haar saailinge voed, miselium se waarskuwings betyds SOS – as die matriarge in gevaar verkeer, staar die hele woud uitwissing in die gesig. Ek is ’n boom, ’n misterieuse Gestalt ek verstaan lokus beter as…
Anton Döckel. Die Boer
Die Boer Vroegoggend by die eerste lig sal ’n hanekraai, roep of fluit die stilte oopsny en sy plaas sal arms uitrek – ver tot daar waar dit hemel word en vir die boer môre sê: Hier is jou beloftes God stel jou aan om meer te maai as wat jy…
Hennie Maartens. Hooglied-liefde
Hooglied-liefde salomo sal oor sy vrouens kan sing al is dit te veel om op te noem maar daar is tog een soos heuning wat met haar ikoniese liefde kan roem © Hennie Maartens, 2024
