viaticum sy doodsberig dop reeds af teen afgesperde mure in dae oue bloed, sy self fulfilling prophecy ver/seker voorspel; sy rede lê soos karikature van oordrewe glas gebars, permanent gerorschach teen die ekumene van donker stegies se blinde verkeer – daar is geen herwinning geen reïnkarnasie hier waar meer as die vlees sterf……
Category: Kompetisies
Johan Swanepoel. in vertaling verlore
in vertaling verlore sou dit nie vreemd wees om vir john milton in ‘n bulderende afrikaanse stem te hoor praat nie verbeel jou ‘n hemelse boodskapper in oorlogsgewaad kompleet met skild en swaard kom sit aan jou etenstafel en deel jou mee dat in ‘n vorige veldslag die verlies subtiel…
Maritha Broschk
raaisel toe ek haar in my arms hou, die wasigheid van fyn wimpers inneem, en met my vinger die delikate Kupidoboog van die soekende bekkie volg, die pinkienaels – brose, deursigtige speldekoppies, so volmaak, Here – het ek geweet dat God liefde is toe ek in die week van Pa se afsterwe,…
Driekie Grobler. Mý Jerusalem
Mý Jerusalem hulpsoekend kyk ek op dikteer moeisaam my voete om waardig in wysheid met vaste tred koers te bly hou my saamstapmaat se uitvaart het my ontheem gelaat my op ‘n onbekende pad soekend laat spoorsny om weer ‘n nuwe weg te vind maar u genade is groot U lei…
Hendrik J. Botha. Net ‘n metafoor
Net ‘n metafoor Kanker in hierdie dae ‘n metafoor vir alles wat skeefloop of ontspoor, die kwade telkens met die troefkaart: Johannes die Doper slinks deur Herodias onthoof; kakiebos verdring gousblomme, plastiek in die oseaan getransformeer tot koolstof in die atmosfeer. Die afdraaipaadjies van jou jeug deesdae drogbeelde teen die muur,…
Marieta McGrath. Labirint
Labirint As ek droom, droom ek oor kerknaweke. Droom ek van gedeelde slaapkwartiere en gesiglose mense wat om lang tafels saameet. Maar hierdie keer is ‘n doolhof opgerig, en binne uitgevoer in swart, met stasies – ‘n reis deur jou eie geloof. Ek is by die laaste stasie. In ‘n geskenkwinkel….
Joan Hambidge. Shongolo
Shongolo Die duisendpoot, die millipede, rol op ter beskerming, boonop stinkende toksines soos hidrokloriese suur wat kan brand en hidrogene sianied vir versmoring. Ukushonga van die Xhosa en Zoeloe-woord spring uit ‘n woordeboek vanoggend langs my dubbelbed. Ek tel sy pootjies een vir een 750, nes my seëninge. Die spirtituele handleiding meen ‘n…
Corlia Fourie. Die taal van bome
Die taal van bome Die sewejarige se speelmaat is ‘n wilgerboom langs ‘n silwergrys stroom. As die wind waai, gryp die sewejarige die lang slap boomvingers vas, hardloop deur die modder die wal oor. Swaai, swaai, swaai. Die sewentigjarige se geesgenoot is die broodboom in haar agtertuin. In haar russtoel by die…
