Hoek Die hoek is die goeie boodskap van Jesus wat iets kosbaar vang om vissers van mense te maak. Die beangste vis aan die hoek verduur lyding, veg vir sy bestaan wanneer hy vasgevang word en offer homself op die sand. © Johann Lodewyk Marais, 2024
Category: Kompetisies
Dietloff van der Berg. Windpomp
Windpomp ‘n Afvlerk windpomp verroes verder waar met sy stang voorheen waters waar rus is diep onder uit die aarde opgeruk is om verruklik nuwe groei te bring. Die aar waaroor hy staan is met ’n mikstok in die waterwysershand opgespoor en oopgeboor, maar met die bombardeer deur stofsigtig relatiewe deeltjies verkrummel…
Dietloff van der Berg. Ontliggaam
Ontliggaam As ek jou soen en ons lepellê is jou en my vlakke oksitosien blykbaar versoenbaar hipotalamies afgeskei dat liefdesbinding tussen jou en my verterend kan ontvlam. Die serotonien is gebalanseer in die masjien maar sal die hittige lywe se stimuleer van die brein nog ’n doppie dopamien van die bynier af…
Dietloff van der Berg. Skinker
Skinker Die kromgetrekte druiwestok bly staan teen elke wingerdvrot en weer mikrobiese peste af wat probeer dat sy groei verknotte lote uit sal stoot, want hy wil vrug dra dat elke mens asof vervul met wyn dronk kan word verruk deur die sap wat uit trosse tap hul vervoer tot wéét hul is…
Andrea Sieberhagen. Noodroep
Noodroep O Vader God, sien my as ek soos Saggeus bo in die boom bly sit diep afhanklik van deernis en vergifnis. O Vader God, hoor my as ek soos Daniël onder uit die leeukuil roep en staatmaak op ontferming en beskerming. O Vader God, vat my hand as ek soos…
Marthé McLoud. Verlaat
Verlaat Still there is this terrible desire to be loved. Still there is this horror at being left behind – Michael Cunningham Vyftien jaar oud en ek droom myself in ‘n nagmerrie in en skrik in koue sweet wakker. Dis pouse. Ons almal is op die speelgrond met kettings en slotte om…
Anton Döckel. Die Dom – Keulen
Die Dom – Keulen Met die voorkant van die Dom kon ek my nog versoen: Dit is klip en in ’n klipkerk is ek gedoop aangeneem en voorgestel. Die binneruimte sluk my ongeloof – ‘n leërskare eng’le sou hier deur kon gier sonder dat ’n vlerk die dak raakveeg of aan die…
Jacques Boshoff. Laat my lammers wei
Laat my lammers wei (Kestell Kinderhuis circa 1996) sondae het ons in rye gestap by die kinderhuishek uit sonverbleikte bruinbroodkinders na waters van rus na weiding in ‘n wit gebou waar ons honger aangesit het by ‘n skriftuurlike sopkombuis en oorvloedig gevoer is met woorde vars gepars uit ou boorde waarom dan,…
