Onvervulde profesie uit kalksteen en basalt tienduisend jaar terug het ‘n stad in sirië verrys jesaja het eeue terug na die stad se einde eendag as ‘n rommelhoop verwys jerusalem – stad van vrede omsingel nou aan sewe fronte met vurige pyle gerig op albei stede sal die fondasie van Sy…
Category: Kompetisies
Johan Swanepoel. houtkerk
houtkerk my pad vurk kort voor die lendelam houtkerk met haar toe deure en diep gekleurde vensters selfs die swart weerhaan op die ystertoring draai sy kam weswaarts en kraai vir oulaas luidkeels © Johan Swanepoel, 2024
Marieta McGrath. Die heilige muur
Die heilige muur Toe die groot hand van God teen die muur geskryf het, nadat Belsasar homself in die goud van God se tempelbekers gespieël het terwyl sy vroue en byvroue hul giggelend oor hom drapeer en voor die gode van metaal, klip en hout dans, toe mensehande en -voete geskok verstil…
Marthé McLoud. Nóg ’n kind
Nóg ’n kind (1988) Dit was ’n Maandagmiddag. Die son was dodelik in die blou lug. Meteens klief gille soos ’n mes deur murg en been in ons klein meenthuiskompleks. Ek is die enigste een tuis. Al die ander Inwoners is nog by die werk. Deur die venster sien ek…
Jaco Fouché. die lig in die tuin
die lig in die tuin ek het jou op ‘n vroeë aand gemerk met vuurhoutjies en ‘n kers wat jy in die steenlantern onder die groot boom in die tuin staangemaak het om aan te steek sodat dit lank brand die geur van die wiek soet die lig ‘n klein flikkerende baken in…
Neels Jackson. Water en wyn
Water en wyn Wat het gebeur toe gewone water wyn word? Die eenvoudige verbinding van waterstof- en suurstofmolekules is omvorm tot ’n komplekse versnit van berghang en bries, son en reën, wat met die tong kom dans in nuanses van geur. Hoe dit gebeur het – daaroor kan ons net wonder…
Joan Hambidge. Damaskus
Damaskus I Paulus, Apostel van die heidene, laat ongeveer dertien briewe na as eerste Christelike teoloog. Augustinus, Luther en Karl Barth eer hom. In Zwei Glaubensweisen wys Martin Buber op die skeiding tussen die Jode- en Christendom: toe Paulus die lydende Jesus promoveer het: tot die lydende Seun van God. II …
Jaco Fouché. Evangelis met brood
Evangelis met brood jy maak my sit onder ‘n taankleurige kombers en bring aan my die nuus van die wêreld die logge koel berig omtrent die menslike lewe is dat dit nie eindig nie solank die laaste eter oor die aardoppervlak struikel-val op pad na ‘n tafel onkenbaar soos ‘n asemteug …
