Noodroep O Vader God, sien my as ek soos Saggeus bo in die boom bly sit diep afhanklik van deernis en vergifnis. O Vader God, hoor my as ek soos Daniël onder uit die leeukuil roep en staatmaak op ontferming en beskerming. O Vader God, vat my hand as ek soos…
Category: Kompetisies
Marthé McLoud. Verlaat
Verlaat Still there is this terrible desire to be loved. Still there is this horror at being left behind – Michael Cunningham Vyftien jaar oud en ek droom myself in ‘n nagmerrie in en skrik in koue sweet wakker. Dis pouse. Ons almal is op die speelgrond met kettings en slotte om…
Anton Döckel. Die Dom – Keulen
Die Dom – Keulen Met die voorkant van die Dom kon ek my nog versoen: Dit is klip en in ’n klipkerk is ek gedoop aangeneem en voorgestel. Die binneruimte sluk my ongeloof – ‘n leërskare eng’le sou hier deur kon gier sonder dat ’n vlerk die dak raakveeg of aan die…
Jacques Boshoff. Laat my lammers wei
Laat my lammers wei (Kestell Kinderhuis circa 1996) sondae het ons in rye gestap by die kinderhuishek uit sonverbleikte bruinbroodkinders na waters van rus na weiding in ‘n wit gebou waar ons honger aangesit het by ‘n skriftuurlike sopkombuis en oorvloedig gevoer is met woorde vars gepars uit ou boorde waarom dan,…
Margaret Cordier. Onvervulde profesie
Onvervulde profesie uit kalksteen en basalt tienduisend jaar terug het ‘n stad in sirië verrys jesaja het eeue terug na die stad se einde eendag as ‘n rommelhoop verwys jerusalem – stad van vrede omsingel nou aan sewe fronte met vurige pyle gerig op albei stede sal die fondasie van Sy…
Johan Swanepoel. houtkerk
houtkerk my pad vurk kort voor die lendelam houtkerk met haar toe deure en diep gekleurde vensters selfs die swart weerhaan op die ystertoring draai sy kam weswaarts en kraai vir oulaas luidkeels © Johan Swanepoel, 2024
Marieta McGrath. Die heilige muur
Die heilige muur Toe die groot hand van God teen die muur geskryf het, nadat Belsasar homself in die goud van God se tempelbekers gespieël het terwyl sy vroue en byvroue hul giggelend oor hom drapeer en voor die gode van metaal, klip en hout dans, toe mensehande en -voete geskok verstil…
Marthé McLoud. Nóg ’n kind
Nóg ’n kind (1988) Dit was ’n Maandagmiddag. Die son was dodelik in die blou lug. Meteens klief gille soos ’n mes deur murg en been in ons klein meenthuiskompleks. Ek is die enigste een tuis. Al die ander Inwoners is nog by die werk. Deur die venster sien ek…
