TUIN VAN DIE DIGTERS 15 September 2012 Breytenbach Sentrum PROGRAM Huldeblyk: Gerrit Komrij Met Daniel Hugo & Alfred Schaffer Gerrit Komrij (1944 – 2012) word nie net onthou vir sy belanghebbende bydraes as Nederlandse digter en skrywer nie, maar ook vir sy bydrae om ‘n groter bewustheid van die Afrikaanse digkuns in die…
Category: Nuus / Briewe
Vir aankondigings, nuusgebeure, enige iets anders op die hart …
Persverklaring: ‘n PEN-sentrum vir Afrikaans
PRETORIA PEN (Geherkonstitueer) ‘n PEN-sentrum vir Afrikaans Die ideaal van ‘n Afrikaanse PEN-sentrum word eersdaags bewaarheid wanneer ‘n voorstel hieroor in Korea ter tafel gelê word. Pretoria PEN, wat vroeër vanjaar geherkonstitueer is, het van die Raad van PEN International in Londen goedkeuring gekry om ‘n naamsverandering tot PEN Afrikaans aan te vra by die…
Jo Prins. Jozi oor Jozi
“Verse oor ‘n stad gelees ín die stad” is ‘n projek wat ek hoop nie te lank van nou nie sal oorspoel na stede soos Pretoria, Bloemfontein en Kaapstad. In dié eerste aflewering lees Christo van Staden, Johannes Prins en Charl-Pierre Naudé verse oor en in Johannesburg. Liezel Els, Beeld se videograaf, het gesorg dat…
Digbundels: resensies in Rapport
In Sondag se Rapport boekebylae (3 Junie 2012) het daar drie spaars kommentare verskyn as lokmiddel na resensies oor drie digbundels naamlik, Lot se Vrou (Joan Hambidge), Amper elders (Louis Esterhuizen) en Pirouette (Aniel Botha). Die drie paragrafies was heel onder aan die bladsy waarop ‘n Engelse digbundel bo prominent aandag ontvang. Ongelukkig was die resensies oor hierdie Afrikaanse bundels nêrens…
US Woordfees: Persverklaring re Versindaba Poësiefees
Persverklaring: Die US Woordfees en Versindaba Poësie-fees Die US Woordfees het besluit om die Versindaba Poësie-fees, wat jaarliks in September as item op die fees se jaarprogram aangebied is, nie meer as aparte entiteit voort te sit nie. Poësie-items op die Versindaba-program sal voortaan opgeneem word in die Woordfees se omvattende skrywersprogram. In 2013 vind die…
Skrywers & boeke. RSG
Skrywers & Boeke word nou elke Woensdagaand om agtuur uitgesaai op RSG met Corina van der Spoel as die ankerpersoon. Luister vir onderhoude met digters soos Philip de Vos, Louis Esterhuizen, Charl JF Cilliers, Henning Pieterse, Carina Stander, e.a. in gesprek met Joan Hambidge.
Verklaring t.o.v Hertzog-prys aan Professor Adam Small
Persverklaring Ons, die ondergetekende digters, skrywers, dramaturge en belanghebbendes wil deur middel van hierdie verklaring ons opregte dank teenoor die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (die Akademie) uitspreek vir die toekenning van die Hertzog-prys aan professor Adam Small. Vir ons was Small deur al die jare ‘n simbool van verset, inspirasie en ‘n ongevraagde…
Kerneels Breytenbach. Die Afrikaanse Skrywersunie (Grondwet)
Die Afrikaanse Skrywersunie is toe op 7 Maart tydens die Woordfees op Stellenbosch gestig. Die vergadering is baie goed bygewoon, en die 54 teenwoordiges het na afloop van die stigting die res van die aand gesellig verkeer. Die teenwoordiges het altesame elf persone benoem om op die eerste bestuur te dien; sodra ons gehoor het…
